1. “Waarheen is die man wat jy liefhet,mooiste van al die vroue?Waarheen is die man wat jy liefhet?Ons sal hom saam met jou soek.”
2. “Die man wat ek liefhet, is af na sy tuin toe,na die kruiebeddings toeom sy skape tussen die tuine te laat weien om lelies te pluk.
3. Ek behoort aan die man wat ek liefhet,en die man wat ek liefhet, is myne,hy wat sy skape tussen die lelies laat wei.”
4. “My liefling, jy is so mooi soos Tirsa,so aantreklik soos Jerusalem,so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers.