Hooglied 4:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Ek hou van jou liefkosings, my beminde bruid,jou liefkosings is beter as wyn,jou parfuum ruik lekkerder as al die lekkerruik-kruie.

11. Jou lippe proe soos heuningstroop, my bruid,jou tong soos heuning en dikmelk,en jou klere ruik soos die Libanon.

12. “My beminde bruid is 'n tuin wat toegemaak is,'n tuin met 'n muur om, 'n fontein wat afgekamp is.

13. Jou liggaam is 'n lushof,granaatbome met keurige vrugte,hennastruike saam met nardus,

Hooglied 4