1. “Jy is mooi, my liefling,jy is mooi, jou oë is duiwe agter jou sluier.Jou hare is soos 'n trop bokkewat teen die Gileadberge afkom.
2. Jou tande is so wit soos 'n ry pasgeskeerde skapewat nou net skoon gewas is,elkeen met 'n tweeling,nie een sonder 'n lam nie.
3. Jou lippe is soos skarlakenrooi lint,jou mond bekoor my.Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitteagter jou sluier.
4. Dié aan jou nek is soos die Dawidstoringwat uit rye klip gebou is;aan hom hang duisend skilde,al die skilde van die helde.