Hooglied 2:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Daar is bloeisels in die veld,dit het tyd geword om te sing;die tortelduif se stem klink oor ons land.

13. Die voorvye kom al uit,die wingerde bot en versprei hulle geur.Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!

14. My duif in die klipskeure,in die skuilplek teen die krans,wys my jou gesig,laat hoor my jou stem.Jou stem is strelend,jou gesig lieflik.’

15. “Vang vir ons die jakkalse,die klein jakkalsieswat die wingerde verniel,ons wingerde wat al bot.

16. “Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne.Hy laat sy skape tussen die lelies wei

17. tot die aandwind begin waaien die skaduwees lank word.Kom terug, man wat ek liefhet, maak soos 'n ribbok,soos 'n takboklam op die Beterberge.

Hooglied 2