2. Paulus is ingeroep, en Tertullus het met die aanklag voor Feliks begin: “U Edele, onder u lewe ons in rus en vrede, en deur u beleid het daar verbeteringe vir hierdie volk ingetree.
3. Dit erken ons altyd en oral met diep dankbaarheid.
4. “Ek wil u nie onnodig vermoei nie. Ek versoek u om met u kenmerkende welwillendheid na 'n kort uiteensetting van ons saak te luister.
5. “Ons beskou hierdie man as 'n gevaar vir die samelewing. Hy bring skeuring in die Joodse geledere dwarsdeur die wêreld. Hy is 'n leier van die dwaalrigting van die Nasareners.