Handelinge 23:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Paulus het die lede van die Joodse Raad vierkantig in die oë gekyk en gesê: “Broers, ek het heeltemal 'n skoon gewete oor hoe ek tot vandag toe my lewe in diens van God gelei het.”

2. Toe beveel die hoëpriester Ananias die mense wat by Paulus staan, om hom op sy mond te slaan.

3. Daarop sê Paulus vir hom: “God sal jou slaan, jou skynheilige! Jy sit hier om my volgens ons wet te verhoor, maar in stryd met die wet beveel jy dat ek geslaan moet word.”

4. Die mense wat by Paulus staan, sê toe vir hom: “Skel jy die hoëpriester van God uit?”

5. Daarop antwoord hy: “Ek het nie geweet dat hy die hoëpriester is nie, broers. Dit ís soos daar geskrywe staan: Jy mag nie 'n leier van jou volk beledig nie.”

Handelinge 23