31. Daarom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê:“Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie,en sy liggaam het nie vergaan nie.
32. “God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies.
33. Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. Dit is wat julle nou sien en hoor.
34. Dawid het nie na die hemel toe opgevaar nie, en tog sê hy:“Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand
35. totdat Ek jou vyandeaan jou onderwerp het.
36. “Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!”
37. By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?”