5. Stuur nou dadelik mense na Joppe toe en laat daar 'n sekere Simon haal wat ook Petrus genoem word.
6. Hy is tuis by 'n ander Simon, 'n leerlooier, wat by die see woon.”
7. Nadat die engel wat met hom gepraat het, weggegaan het, het Kornelius twee van sy huisbediendes en een van sy lyfwagte, 'n godsdienstige soldaat, geroep.
8. Hy het hulle alles vertel en hulle na Joppe toe gestuur.
9. Die volgende dag teen twaalfuur die middag, toe hulle op hulle reis al naby die dorp was, het Petrus opgegaan na die dakstoep van die huis om te bid.