Habakuk 3:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Ek het gesien hoe onheil die tente van Kusan tref,hoe die tentdoeke van Midian bewe.

8. Was U kwaad vir die riviere, Here?Het u toorn teen die strome ontvlam?Het die see U woedend gemaakdat U op u perde gery het,op die strydwaens waarmee U oorwin?

9. U het u boog uitgehaalen met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig. SelaU het die aarde oopgebreek en riviere laat stroom.

10. Toe die berge U sien, het hulle gebewe,stormwaters het verbygespoel,die diep water het gedreunen sy golwe hoog laat opslaan.

11. Toe u vlieënde pyle blitsen u blink spies flikker,het die son en die maan gaan stilstaan op hulle plek.

Habakuk 3