Habakuk 3:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Al sou die vyeboom nie bot nieen daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,al sou die olyfoes misluken die lande geen oes lewer nie,al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nieen die beeskrale sonder beeste wees,

18. nogtans sal ek in die Here jubel,sal ek juig in God, my Redder.

19. Die Here my God gee vir my krag.Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok,op hoë plekke laat Hy my veilig loop.Vir die koorleier. Met snarespel.

Habakuk 3