1. Josef is toe daar weg en hy het die farao gaan inlig. Josef het vir hom gesê: “My vader en my broers het met hulle kleinvee en grootvee en alles wat hulle besit, hier aangekom uit Kanaän. Hulle is nou in die Gosenstreek.”
2. Josef het vyf van sy broers saamgevat en hulle aan die farao voorgestel,
3. en hy het hulle gevra: “Wat is julle nering?” Hulle het hom geantwoord: “Ons is kleinveeboere, ons en ons voorvaders.”
4. Verder het hulle vir die farao gesê: “Ons wil graag as vreemdelinge hier kom woon, want ons het nie meer weiding vir ons vee nie. Daar is 'n groot droogte in Kanaän. Laat ons toe om in Gosen te kom woon.”