1. Destyds het Juda weggetrek van sy broers af, in die rigting van Adullam waar hy by 'n man met die naam Gira uitgekom het.
2. Daar het Juda vir Bat-Sua, 'n Kanaänitiese meisie, raakgeloop en met haar getrou. Hy het met haar gemeenskap gehad,
3. en sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Juda het hom Er genoem.
4. Sy het weer swanger geword en nog 'n seun in die wêreld gebring en hom Onan genoem.
5. Toe Juda in Kesib was, het sy weer 'n seun in die wêreld gebring en hom Sela genoem.