30. Die bietjie wat u gehad het voor ek gekom het, het baie geword, want die Here het u geseën vandat ek by u gekom het. Wanneer sal ek vir my huis kan begin werk?”
31. Toe vra Laban: “Wat moet ek jou betaal?” en Jakob antwoord: “U hoef my niks te betaal nie. Ek sal weer u kleinvee oppas as u my dit wil laat doen.
32. Ek sal vandag al u kleinvee deurgaan om al die gestreepte en bont skaaplammers en al die swart skape en die bont en gestreepte bokke af te keer. Dit sal my betaling wees.
33. Wanneer u dan eendag kom kyk na wat ek by u verdien het, sal dit duidelik wees of ek eerlik was of nie: alles onder my bokke wat nie gestreep of bont is nie, en al die skape wat nie swart is nie, sal vee wees wat ek gesteel het.”