Genesis 30:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Nadat Ragel vir Josef in die wêreld gebring het, het Jakob vir Laban gesê: “Laat my trek. Ek wil na my geboorteland toe gaan.

26. Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.”

27. Maar Laban het vir hom gesê: “Dink tog aan wat jy vir my beteken. Ek het die tekens gelees en agtergekom dat die Here my seën om jou ontwil.”

28. Verder het Laban vir Jakob gesê: “Stel self jou loon vas, en ek betaal jou dit om vir my te werk.”

Genesis 30