Genesis 28:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Hy het die plek Bet-El genoem. Die stad was voorheen bekend as Lus.

20. Jakob het toe 'n gelofte afgelê en gesê: “As U, o God, by my is en my beskerm op my reis en vir my kos en klere gee,

21. sodat ek behoue terugkom by my ouerhuis, sal U, Here, my God wees.

22. Hierdie klippilaar wat ek regop gesit het, sal 'n tempel wees, en van alles wat U my gee, sal ek vir U 'n tiende gee.”

Genesis 28