Genesis 20:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Verder het Abimelek vir hom gesê: “Wat het jou besiel om so iets aan te vang?”

11. Toe het Abraham gesê: “Ek het gedink hier is niemand wat vir God dien nie en die mense sal my doodmaak oor my vrou.

12. Sy is regtig my suster: sy is my pa se dogter, maar nie my ma s'n nie. Ek is met haar getroud.

13. Toe God my uit my vaderland laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: Jy kan wys dat jy my liefhet deur op elke plek waar ons kom, van my te sê: Hy is my broer.”

14. Abimelek het toe kleinvee en grootvee, slawe en slavinne gevat en vir Abraham gegee en Sara ook aan haar man teruggegee.

15. Toe sê Abimelek vir hom: “My land lê oop voor jou. Bly net waar jy wil.”

Genesis 20