Galasiërs 1:18-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Eers drie jaar later het ek Jerusalem toe gegaan om met Sefas kennis te maak, en ek het twee weke by hom gebly.

19. Van die ander apostels het ek niemand ontmoet nie behalwe Jakobus die broer van die Here.

20. Wat ek aan julle skrywe, is nie leuens nie — God is my getuie.

21. Daarna is ek na Sirië en Silisië toe.

22. Die gemeentes van Christus in Judea het my toe nog nie persoonlik geken nie;

23. hulle het net gehoor: “Die man deur wie ons vroeër vervolg is, verkondig nou die geloof wat hy destyds probeer uitroei het.”

24. En hulle het God verheerlik oor my.

Galasiërs 1