Ester 5:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. en by hulle gespog oor sy groot rykdom en sy baie seuns, oor al die maniere waarop die koning hom vereer het en oor hoe die koning hom bevorder het bo al die ander hoë amptenare en onderdane van die koning.

12. Verder het Haman gesê: “En dit is nie al nie, koningin Ester het selfs niemand behalwe vir my saam met die koning uitgenooi na die maaltyd wat sy voorberei het nie. Ek is ook vir môre saam met die koning deur haar uitgenooi.

13. En tog bevredig dit alles my nie so lank ek die Jood Mordegai in die poort van die paleis sien sit nie.”

14. Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende: “Laat 'n galg van drie en twintig meter hoog bou en beveel môre by die koning aan dat hulle vir Mordegai daaraan moet ophang. Dan kan jy saam met die koning na die maaltyd toe gaan sonder dat iets jou hinder.”Haman het dit 'n goeie voorstel gevind en hy het die galg laat bou.

Ester 5