Ester 4:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy het ook vir Hatak 'n afskrif gegee van die proklamasie wat in Susan uitgevaardig is en waarvolgens die Jode doodgemaak moes word. Hatak moes dit aan Ester wys, haar alles vertel en haar versoek om na die koning toe te gaan. Sy moes hom om genade smeek en vir haar volk intree.

9. Hatak is toe terug na Ester toe en het Mordegai se woorde aan haar oorgedra.

10. Sy het toe vir Hatak beveel om vir Mordegai te sê:

11. “Al die amptenare van die koning en die mense in die provinsies van die koning weet dat daar net een wet is vir enigeen, man of vrou, wat na die koning toe in die binneste voorhof gaan as hy nie ontbied is nie: hy word sonder meer doodgemaak. Die enigste uitsondering is dat die koning sy goue septer na so 'n persoon toe uitsteek; dan bly hy lewe. En dit is nou al dertig dae dat ek nie na die koning toe ontbied is nie.”

12. Die boodskap van Ester is aan Mordegai oorgedra,

Ester 4