7. Jesaja seun van Atalia uit die nageslag van Elam, en saam met hom 70 man;
8. Sebadja seun van Migael uit die nageslag van Sefatja, en saam met hom 80 man;
9. Obadja seun van Jegiël uit die nageslag van Joab, en saam met hom 218 man;
10. Selomit seun van Josifja uit die nageslag van Bani, en saam met hom 160 man;
11. Sagaria seun van Bebai uit die nageslag van Bebai, en saam met hom 28 man;
12. Joganan seun van Katan uit die nageslag van Asgad, en saam met hom 110 man;
13. dié uit die nageslag van Adonika was van die laastes;hulle was Elifelet, Jeïel en Semaja, en daar was 60 man saam met hulle;
14. verder was daar Utai en Sabud uit die nageslag van Bigwai, en saam met hulle 70 man.