Esegiël 45:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. “Julle moet skale gebruik wat reg weeg en julle moet die regte inhoudsmate vir droë stowwe en vir vloeistowwe gebruik.

11. Inhoudsmate moet deurgaans dieselfde bly, volgens 'n vaste maatstaf.

12. Gewig moet volgens 'n vaste maatstaf bepaal word.”

13. “Die offergawes wat julle moet bring, is een sestigste van die koring en die gars,

14. en een honderdste van die olie.

15. Uit die waterryke dele van Israel moet julle een uit elke twee honderd van die kleinvee gee. Hierdie offers is graanoffers, brandoffers en maaltydoffers om vir julle versoening mee te doen,” sê die Here my God.

Esegiël 45