Esegiël 40:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Daar was 'n muur buite-om die tempelgeboue. Die meetstok wat die man in sy hand gehad het, was drie meter lank, langer dus as 'n gewone meetstok. Die man het die muur gemeet, en dit was drie meter breed en net so hoog.

6. Daarna het die man na die poort toe gegaan wat oos gekyk het, die trappe opgeklim en die poort se drumpel gemeet. Dit was drie meter breed. Daar was net een drumpel en hy was drie meter breed.

7. Die sykamers binne-in die poortgebou was elkeen drie meter in die vierkant, en die mure tussen die sykamers was elkeen twee en 'n half meter dik. Aan die binnekant, agter teen die poortgebou, was daar 'n toegangsportaal. Die drumpel na die portaal toe was drie meter breed.

8. Die man het die drumpel na die toegangsportaal toe gemeet. Dit was drie meter breed.

Esegiël 40