Esegiël 32:28-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. “Jy kom saam met die eerloses tot 'n einde, Egipte,jy moet by dié wat deur die swaard afgemaai is, gaan lê.

29. “Edom, sy konings, al sy regeerders is daar;ten spyte van hulle mag het hulle belandby dié wat afgemaai is deur die swaard;hulle lê by die eerloses, by dié wat reeds dood is.

30. “Die vorste van die noorde is daar,hulle almal en al die Sidoniërs.Dié mense wat met hulle mag verskrikking gesaai het,het die neerlaag gelyen lê eerloos by dié wat afgemaai is deur die swaard;hulle dra hulle vernedering saam met dié wat reeds dood is.

31. “Wanneer die farao hulle sien,sal dit vir hom 'n troos weesas hy dink aan al sy hordes wat gesneuwel het,die farao met sy hele leër,”sê die Here my God.

32. “Ek het hom toegelaat om verskrikking te saaiin die land van die lewendes,maar nou moet hy tussen die eerloses gaan lê,by dié wat gesneuwel het,hy, die farao, en al sy hordes,”sê die Here my God.

Esegiël 32