8. Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.
9. Sal jy vir dié wat aan jou 'n einde gaan maak, nog kan sê jy is 'n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy 'n mens wees, nie 'n god nie.
10. Ander volke gaan jou 'n eerlose dood laat sterf. Ek het gepraat,” sê die Here my God.
11. Die woord van die Here het tot my gekom:
12. “Mens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my God:“Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is,'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap:
13. jy is uitgebeeld in die godetuin Eden,omring deur kosbare edelstene:karneool, topaas, jaspis,chrisoliet, oniks, opaal,saffier, turkoois, smarag,en die reliëfwerk aan jou was van goud.So is jy gemaak die dag toe jy geskep is.
14. Jy is uitgebeeld as die gerubwat met uitgestrekte vlerke moes waghou,Ek het jou die opdrag gegee.Jy was op die heilige godeberg,daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene.
15. Jou optrede was onbesproke vandat jy geskep istotdat jy begin onreg doen het.