8. So sê die Here my God: “Moab en Seïr sê Juda het soos enige ander nasie geword.
9. “Nou gaan Ek Moab se berghange stroop van stede, van die mooi stede in die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim, en die stede op die grense van die land.
10. Daar sal nie meer onder die nasies gedink word aan die Ammoniete nie, en Ek maak Moab saam met die land van die Ammoniete 'n besitting van die mense uit die ooste.
11. Ek gaan Moab straf. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
12. So sê die Here my God: “Edom het sy wraaksug op Juda uitgestort, hy het hom skuldig gemaak aan 'n misdaad toe hy teen Juda wraak geneem het.