Esegiël 25:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Ek maak Rabba 'n weiveld vir kamele, Ek maak jou 'n plek waar kleinvee lê en rus. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”

6. So sê die Here my God: “Jy het hande geklap, met jou voete gestamp, jou verheug in jou veragting vir die land van Israel.

7. Nou gaan Ek my hand teen jou uitsteek en jou die spot onder die nasies maak. Ek gaan jou uitroei tussen die volke uit, jou laat ophou bestaan as 'n land. Ek gaan 'n end aan jou maak. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”

8. So sê die Here my God: “Moab en Seïr sê Juda het soos enige ander nasie geword.

9. “Nou gaan Ek Moab se berghange stroop van stede, van die mooi stede in die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim, en die stede op die grense van die land.

Esegiël 25