Esegiël 18:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here het tot my gekom:

2. “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord:“ ‘Die vaders eet groen druiwe,en dan word die kinders se tande stomp’?

3. “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “julle sal nie meer dié spreekwoord in Israel gebruik nie.

4. Al die mense behoort aan My, vaders en kinders is Myne. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf.

Esegiël 18