Esegiël 12:25-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Ek, die Here, sê wat Ek sê, en dit gebeur en word nie meer uitgestel nie. In julle tyd, weerbarstige volk, sê Ek dit, en Ek sal dit doen,” sê die Here my God.

26. Die woord van die Here het tot my gekom:

27. “Mens, die Israeliete sê: ‘Dié gesig wat hy sien, gaan oor lang tye, hy kondig dinge aan vir die verre toekoms.’

Esegiël 12