Eksodus 37:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Hy het 'n band, sewe sentimeter breed, rondom die tafel gesit en daarrondom 'n goue lys vasgesit.

13. Hy het vier goue ringe vir die tafel gegiet en dit aan die vier hoeke vasgesit, regoor die vier pote.

14. Die ringe was naby die band sodat die draaghoute deur hulle gesteek kon word om die tafel mee te dra.

15. Hy het die draaghoute waarmee die tafel gedra moes word, van doringhout gemaak en hulle met goud oorgetrek.

16. Hy het die toebehore vir die tafel van suiwer goud gemaak: skottels, panne, kanne en komme om die drankoffer mee uit te giet.

Eksodus 37