25. Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, het hulle ook twintig rame gemaak.
26. Vir hulle was daar veertig silwervoetstukke, twee voetstukke vir elke raam.
27. Hulle het vir die agterkant, die westekant van die tabernakel, ses rame gemaak.
28. Hulle het verder nog twee rame gemaak vir die hoeke aan die agterkant van die tabernakel.
29. Hierdie rame was versterk van onder tot bo, tot by die boonste ring. Dit was die hoekrame.
30. Daar was dus ag rame met hulle sestien silwervoetstukke, twee voetstukke vir elke raam.
31. Hulle het dwarslatte van doringhout gemaak, vyf vir die rame van die een kant van die tabernakel
32. en vyf vir dié van die ander kant, en ook nog vyf dwarslatte vir die agterkant, die westekant van die tabernakel.
33. Daar was 'n middelste dwarslat wat in die middel van die rame dwarsdeur geloop het van die een kant af tot by die ander kant.
34. Die rame is met goud oorgetrek en vir hulle is goue ringe gemaak om die dwarslatte deur te steek. Die dwarslatte is ook met goud oorgetrek.