24. en sit dit alles op Aäron en sy seuns se hande dat hulle dit heen en weer beweeg as 'n beweegoffer vir My, die Here.
25. Vat dit dan uit hulle hande en verbrand dit op die altaar as 'n brandoffer, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.
26. Vat die bors van die ram wat gebruik is vir Aäron se wyding, en beweeg dit heen en weer as beweegoffer voor My. Daarna kan jy dit vir jou vat.
27. Die ram waarmee Aäron en sy seuns gewy is, se bors wat as beweegoffer beweeg is, en die boud wat as offergawe aangebied is, moet opsy gesit word vir Aäron en sy seuns.
28. Dit is 'n blywende reëling vir die Israeliete dat Aäron en sy seuns hierdie deel kry. Dit is 'n offergawe en sal altyd 'n offergawe van die Israeliete wees. Hulle offergawe vir die Here moet uit hulle maaltydoffers geneem word.
29. “Die gewyde klere van Aäron moet na sy dood gebruik word om sy opvolgers daarin te salf en as priesters te wy.