Eksodus 28:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Hulle moet die volgende kledingstukke maak: 'n borssak, 'n skouerkleed, 'n mantel, geweefde priesterklere, 'n tulband en 'n serp. Dit is die gewyde klere wat vir jou broer Aäron en sy seuns gemaak moet word sodat hulle priesters kan wees in my diens.

5. Die vakmanne moet gouddraad en blou, pers en bloedrooi wolstof en linne gebruik

6. om die skouerkleed te maak. Die blou, pers en bloedrooi wolstof en die goed geweefde linne moet met die gouddraad geborduur word.

7. “Die skouerkleed moet aan die punte twee bande hê om dit oor die skouer aanmekaar vas te maak.

8. Dit moet ook 'n gordel hê van dieselfde gehalte en daarvoor moet ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik word.

Eksodus 28