Eksodus 24:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaiberg gebly, en ses dae het die wolk die berg omhul.Op die sewende dag het die Here uit die wolk uit na Moses geroep.

17. Die magtige teenwoordigheid van die Here het vir die Israeliete gelyk soos 'n gloeiende vuur op die berg.

18. Moses het toe die wolk ingegaan en nog verder boontoe uitgeklim. Hy het veertig dae en nagte daar gebly.

Eksodus 24