Eksodus 21:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Dit is die bepalings wat jy die Israeliete moet meedeel:

2. “Wanneer jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vrylaat sonder dat hy jou iets daarvoor betaal.

3. As hy alleen was toe hy jou slaaf geword het, moet hy alleen vrygelaat word. As hy toe getroud was, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.

4. As sy eienaar vir hom 'n vrou gegee het, en sy vir hom seuns of dogters in die wêreld gebring het, behoort die vrou en haar kinders aan die eienaar, en dan hoef net die slaaf vrygelaat te word.

5. As die slaaf egter uitdruklik sou sê: ‘Ek is lief vir my eienaar en vir my vrou en my kinders.

6. Ek wil nie vrygelaat word nie,’ moet sy eienaar hom in die teenwoordigheid van God bring, by die heiligdom se deur of kosyn, en daar moet die eienaar 'n gaatjie in sy slaaf se oor steek met 'n els. Dan is hy vir altyd sy eienaar se slaaf.

7. “Wanneer 'n man sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie gewoonweg soos ander slawe vrygelaat word nie.

18-19. “Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander met 'n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan, moet die slaner nie gestraf word nie. As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en eers later kan opstaan en met 'n kierie buite kan rondloop, moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kan werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is.

Eksodus 21