Eksodus 17:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in 'n boek as 'n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor: Ek wil die Amalekiete heeltemal van die aarde af verdelg.”

15. Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: “Die Here gee my die oorwinning.”

16. Verder het Moses gesê:“Dit is die gedenkteken vir die oorwinning wat die Here gee.Die Here voer oorlog teen Amalek van geslag tot geslag.”

Eksodus 17