48. Die vreemdeling wat jou beskerming geniet en die paasfees van die Here wil vier, moet besny word, hy en al die mans en seuns by hom. Dan eers is hy soos 'n gebore Israeliet en kan hy daaraan deelneem. Iemand wat nie besny is nie, mag nie daarvan eet nie.
49. Een en dieselfde bepaling moet geld vir die gebore Israeliet en vir die vreemdeling wat julle beskerming geniet.”
50. Al die Israeliete het gedoen presies wat die Here vir Moses en Aäron beveel het.
51. Presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die Here die stamme van Israel uit Egipte bevry.