Eksodus 11:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het toe vir Moses gesê: “Met nog een plaag sal Ek die farao en Egipte tref, en dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. Ja, hy sal julle onvoorwaardelik laat trek; hy sal julle selfs wegjaag hiervandaan.

2. Gaan sê vir die volk elke man en vrou moet silwer- en goue goed van hulle Egiptiese bure eis.”

3. Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, en boonop het Moses groot aansien onder die Egiptenaars geniet, by die amptenare en die volk.

Eksodus 11