Eksodus 1:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Toe antwoord die vroedvroue die farao: “Die Hebreeuse vrouens is nie soos dié van Egipte nie, hulle is sterk van gestel: voordat die vroedvrou by hulle kom, is die kind al gebore.”

20. As gevolg hiervan het die volk aanhou vermeerder en baie talryk geword.God het toe die vroedvroue self ook voorspoedig gemaak.

21. Omdat hulle Hom gedien het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.

22. Daarna het die farao sy hele volk beveel: “Julle moet elke pasgebore seuntjie in die Nyl gooi, maar spaar die dogtertjies se lewe.”

Eksodus 1