Die Openbaring 2:26-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.

27. Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer, hulle soos kleipotte stukkend slaan.

28. Dieselfde mag en gesag het Ek ook van my Vader gekry. Daarby sal Ek vir elkeen wat die oorwinning behaal, die môrester gee.

29. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.

Die Openbaring 2