Die Openbaring 16:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. “Kyk, Ek kom onverwags soos 'n dief. Geseënd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.”

16. Die geeste het die konings byeengebring op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.

17. Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon in die tempel af het daar 'n stem hard uitgeroep: “Dit is verby!”

Die Openbaring 16