5. Sy het 'n kind in die wêreld gebring, 'n seun, bestem om al die nasies met 'n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe,
6. en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar 'n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.
7. Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer,
8. maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie,
9. want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.
10. Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het:“Nou het ons God die redding gebring,nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde!Die aanklaer van ons medegelowigesis uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
11. Hulle het self die oorwinningoor hom behaal danksy die bloed van die Lamen die boodskap waarvan hulle getuig het;en hulle het nie hulle lewensso lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.