Deuteronomium 33:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Oor Sebulon het Moses gesê:“Jy moet bly wees, Sebulon, as jy op pad gaan;Issaskar, jy moet bly wees as jy by die huis bly.

19. “Hulle twee nooi volke na die berg toeen offer daar die offers wat voorgeskryf is.Hulle twee geniet die oorvloed uit die see,die skatte wat deur die sand bedek word.”

20. Oor Gad het Moses gesê:“Geseënd is elkeen wat vir Gad woonplek gee.Hy lê soos 'n leeu, sterkes en leiers is sy prooi.

Deuteronomium 33