Deuteronomium 16:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Onthou die maand Abib en vier die paasfees tot eer van die Here jou God. Dit was 'n nag in die maand Abib dat die Here jou God jou uit Egipte laat trek het.

2. Op die plek wat die Here sal kies om sy Naam daar te laat woon, moet jy uit jou kleinvee of jou grootvee die paasoffer vir die Here jou God bring.

Deuteronomium 16