1. “Hier volg voorskrifte en bepalings waaraan julle julle lewe lank gehoorsaam moet wees en waarvolgens julle hier op aarde moet lewe in die land wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het om in besit te neem.
2. “Vernietig elke plek waar die nasies vir wie julle gaan verdryf, hulle gode gedien het: op hoë berge, op heuwels en onder elke groen boom.
3. Breek hulle altare af, breek hulle klippilare stukkend, verbrand hulle gewyde pale, vernietig hulle afgodsbeelde en verwyder elke teken van hulle bestaan uit die land uit.
4. Julle mag nie die Here julle God dien op die manier waarop ander nasies hulle gode dien nie.
5. Julle moet na die wil van God gaan vra op die plek wat die Here julle God sal kies uit al julle stamgebiede om sy Naam daar te vestig en daar te woon. Daarheen moet julle gaan