Daniël 2:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. en hulle gevra om die God van die hemel om genade te smeek oor die geheim van die droom sodat Daniël en sy vriende nie saam met die ander koninklike raadgewers doodgemaak sou word nie.

19. Toe is die geheim aan Daniël geopenbaar in 'n nagtelike visioen, en Daniël het die God van die hemel geprys.

20. Daniël het gesê:“Mag die Naam van God altyd geprys word,Hy aan wie die wysheid en die mag behoort,

21. Hy wat tye en omstandighede verander,wat konings afsit en konings aanstel,wat aan die wyse manne die wysheid geeen die verstand aan dié wat insig het,

22. wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaaren wat weet wat in die duisternis is;by Hom is die lig.

Daniël 2