Amos 8:10-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Ek verander julle feeste in treurgeleenthede,julle liedere in klaagsange;Ek trek vir julle rouklere aanen skeer al julle koppe kaal;Ek laat dit word soos wanneer 'n mens oor 'n enigste kind treur,julle uiteinde sal vir julle 'n bitter dag wees.

11. Maar daar kom dae, sê die Here my God,dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom:'n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie,maar om die woorde van die Here te hoor.

12. Die mense sal ronddwaal van see tot see,rondslinger van noord tot oosom die woord van die Here te soek,maar hulle sal dit nie kry nie.

13. Daardie dag sal die mooi meisiesen die jongmanne van dors beswyk,

14. dié jongmense wat ede aflê by wat Samaria se sonde isen sê: “So seker as jou god leef, Dan,so seker as daar 'n pelgrimspad na Berseba toe is!”Hulle sal val en nie weer opstaan nie.

Amos 8