Amos 7:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die Here het toe van sy voorneme afgesien, Hy het gesê: Dit sal nie gebeur nie.

4. Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Hy het 'n vuur opgeroep tot straf, en die vuur het die groot watervloed laat opdroog en dit sou ook die bewerkte grond verteer het.

5. Maar ek het gesê: “Here my God, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? Hy is klein!”

6. Die Here my God het toe van sy voorneme afgesien, Hy het gesê: Ook dit sal nie gebeur nie.

Amos 7