Amos 7:11-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Amos het gesê Jerobeam sal deur die swaard sterf, en Israel sal uit sy land in ballingskap weggevoer word.”

12. Amasia het vir Amos gesê: “Maak dat jy wegkom, siener, gaan na Juda toe en verdien jou brood daar, tree daar as profeet op!

13. In Bet-El mag jy nie meer as profeet optree nie, want dit is die koninklike heiligdom, die staatstempel.”

14. Amos het toe vir Amasia geantwoord: “Ek is nie so 'n profeet nie en ek behoort nie tot die profetekring nie, ek boer met vee en kweek wildevye.

15. Maar die Here het my agter die kleinvee weggevat en Hy het vir my gesê: Gaan tree as profeet op teen my volk Israel.

Amos 7