8. Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie?Die Here God het gepraat, wie sal nie as profeet optree nie?
9. Maak dit bekend in die mooi huise in Asdod,in die mooi huise in Egipte,sê vir die mense daarin:Kom bymekaar op die Samariaberge,kyk na die groot verwarring in Samaria,die verdrukking daarbinne.
10. Hulle wat geweld en verwoesting in hulle mooi huise herberg,weet nie hoe om reg te doen nie, sê die Here.
11. Daarom, so sê die Here my God:'n Vyand sal die land inneem,hy sal jou vesting bo-op jou afbreek,jou mooi huise kaalstroop.