1. So sê die Here:Selfs as Moab net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het die bene van Edom se koning tot kalk verbrand.
2. Daarom sal Ek in Moab 'n vuur laat losbreeken dit sal die mooi huise van Kerijot verteer.Moab sal omkom onder oorlogsrumoer,onder die blaas van die ramshoring.
3. Ek sal sy regeerder uit hom wegvaten al sy amptenare saam met hom doodmaak, sê die Here.
4. So sê die Here:Selfs as Juda net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hulle het die wet van die Here verwerp,hulle nie aan sy voorskrifte gehou nieen toe het die vals gode hulle verlei,die afgode agter wie hulle voorvaders aangeloop het.